Dink of Sink-skoledebatkompetisie

Die Dink of Sink-onvoorbereidedebatskompetisie vind jaarliks by ons gasheerskole in ses provinsies in Suid-Afrika plaas.

AfriForum wil in samewerking met Dink of Sink se gasheerskole en mediavennote die inisiatief voortsit deur die skoledebatskompetisie aan te bied.

Die doel van die debatskompetisie is om leerders die geleentheid te gee om aan debatvoering deel te neem. Daar vind verskeie provinsiale uitdunne deur die jaar plaas en die finaal vind in die vierde kwartaal in Centurion, Pretoria plaas. Die wenspanne van elke provinsie dring deur na die finaal waar die uitkloprondtes en Dink of Sink se nasionale finaal plaasvind om die land se beste onvoorbereide debatteerders aan te kondig.
Elke wenspan sal heerlike pryse ontvang.

Kontak debat@afriforum.co.za om te bevestig wat die maksimum aantal spanne is wat in jou streek kan inskryf.

 

  • Die spanne van drie kan inskryf deur die Inskrywingsvorm te voltooi.
  • Elke streek se sluitingsdatum is een maand voor die kompetisie.
  • Die debatte sal op die gekose datum by die gasheerskool plaasvind en die galageleentheid in die skoolsaal.
  • Die programme word per streek uitgewerk en sal vooraf aan die skole gestuur word.

 

 

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!