Dink of Sink- interne onvoorbereide universiteitsdebatkompetisie:

Die entoesiasme van hoërskoolleerders wat aan Dink of Sink deelneem, het só toegeneem dat AfriForum in 2017 ook ’n universiteitsbeen vir die kompetisie geskep het.

Die kompetisie vind in Pretoria plaas en strek oor twee dae. Daar vind eers uitdunrondtes plaas, daarna uitkloprondtes en uiteindelik ’n finaal om die beste universiteitsdebatspan in die land te kroon.

Tydens hierdie kompetisie word die Britse parlementêre debatstyl gevolg en studente neem in spanne van vier elk deel.

Hoe werk dit?

  • Universiteitstudente kan spanne van vier elk inskryf deur die inskrywingsvorm te voltooi.
  • Spanne ontvang die onderwerp en het dan een uur om voor te berei. Die debat verloop verder presies soos die Britse parlementêre styl. Volg hierdie skakel om meer oor dié formaat te lees.
  • Daar is heerlike pryse op die spel vir die wenners, naaswenners, spesiale toekennings en beste spreker by elke interne onvoorbereide debatkompetisie. 

Kompetisiedatums:

18 en 19 Julie 2025

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!