
Dink of Sink- interne onvoorbereide universiteitsdebatkompetisie:
Die entoesiasme van hoërskoolleerders wat aan Dink of Sink deelneem, het só toegeneem dat AfriForum in 2017 ook ’n universiteitsbeen vir die kompetisie geskep het.
Die kompetisie vind in Pretoria plaas en strek oor twee dae. Daar vind eers uitdunrondtes plaas, daarna uitkloprondtes en uiteindelik ’n finaal om die beste universiteitsdebatspan in die land te kroon.
Tydens hierdie kompetisie word die Britse parlementêre debatstyl gevolg en studente neem in spanne van vier elk deel.