Dink of Sink-skoledebatkompetisie

Die Dink of Sink-onvoorbereidedebatskompetisie vind jaarliks by ons gasheerskole in ses provinsies in Suid-Afrika plaas.

AfriForum wil in samewerking met Dink of Sink se gasheerskole en mediavennote die inisiatief voortsit deur die skoledebatskompetisie aan te bied.

Die doel van die debatskompetisie is om leerders die geleentheid te gee om aan debatvoering deel te neem. Daar vind verskeie provinsiale uitdunne deur die jaar plaas en die finaal vind in die vierde kwartaal in Centurion, Pretoria plaas. Die wenspanne van elke provinsie dring deur na die finaal waar die uitkloprondtes en Dink of Sink se nasionale finaal plaasvind om die land se beste onvoorbereide debatteerders aan te kondig.
Elke wenspan sal heerlike pryse ontvang.

Kompetisiedatums vir 2026

Hoërskole:

Oos-kaap provinsie (Hoërskool Framesby) – Woensdag, 8 April 2026 

Wes-kaap  provinsie (DF Akademie) ‒ Vrydag, 8 Mei 2026

Mpumalanga provinsie (Hoërskool Nelspruit) – Woensdag, 29 Julie 2026

Gauteng provinsie (Hoërskool Montana) – Woensdag, 5 Augustus 2026 en Donderdag, 6 Augustus 2026

Vrystaat provinsie (C&N Sekondêre Meisieskool Oranje) – Donderdag, 20 Augustus 2026

Limpopo provinsie (Hoërskool Ben Vorster) – Woensdag, 26 Augustus 2026

Nasionale finaal in Menlopark, Pretoria ‒ Saterdag, 19 September 2026

 

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!