Dink of Sink-skoledebatkompetisie

Die Dink of Sink- onvoorbereide debatkompetisie vind weer in 2024 by ons gasheerskole plaas.

AfriForum wil in samewerking met Dink of Sink se gasheerskole en mediavennote die inisiatief voortsit deur die skoledebatkompetisie aan te bied.

Die doel van die debatkompetisie is om leerders die geleentheid te gee om aan debatvoering deel te neem. Daar vind verskeie streeksuitdunne deur die jaar plaas en die finaal vind in Oktober 2024 in Centurion plaas. Die wenspanne van elke streek dring deur na die finaal waar die uitkloprondtes en Dink of Sink- nasionale finaal plaasvind om die land se beste onvoorbereide debatteerders aan te kondig.
Elke wenspan sal heerlike pryse ontvang.

Foto’s

Juniorwenspan: Hoërskool Louis Trichardt

V.l.n.r.: Nicolene Muller (AfriForum se konsultant vir Dink of Sink); Elmay Koen; Leané Deale; Junél Joubert; Alana Bailey (AfriForum se hoof van Kultuursake) en Tania Scheepers (AfriForum se assistent vir onderwysprojekte).

Seniorwenspan: Hoërskool Pietersburg Senior Span 1

V.l.n.r.: Nicolene Muller (AfriForum se konsultant vir Dink of Sink); Izelna Venter; Gregory Carlisle; Cara van der Goot; Alana Bailey (AfriForum se hoof van Kultuursake) en Tania Scheepers (AfriForum se assistent vir onderwysprojekte).

Junior-naaswenspan: Hoërskool Merensky Junior Span 1

V.l.n.r.: Nicolene Muller (AfriForum se konsultant vir Dink of Sink); Carel Volschenk; Petla Venter; Rouxné Schnettler; Alana Bailey (AfriForum se hoof van Kultuursake) en Tania Scheepers (AfriForum se assistent vir onderwysprojekte).

Senior-naaswenspan: Hoërskool Pietersburg Senior Span 2

V.l.n.r.: Nicolene Muller (AfriForum se konsultant vir Dink of Sink); Rachelle Laas; Janika Helm; Alana Bailey (AfriForum se hoof van Kultuursake) en Tania Scheepers (AfriForum se assistent vir onderwysprojekte). Afwesig: Nicola Enslin.

 

Junior wenners: C&N Sekondêre Meisieskool Oranje

Junior naawenners: Hoërskool Witteberg

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!